Daaglikse Heuningdruppels

 


... soeter as heuning, as druppels uit 'n heuningkoek (Ps 119:11)

Die daaglikse heuningdruppels is ook op ons Facebook-groep. Klik hier:


Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur (Wilna / Willem Botha) en webruimte (www.heuning.co.za)



Wat is j gunsteling Bybelvers? Is dit een wat jou kan troos? Is dit een wat jou beter laat voel oor jouself? Is dit een wat vir jou s hoe groot en goed God is? Is dit een wat vir jou die versekering gee dat jy God se kind is? Of is dit dalk een wat iets oor jou sonde s of een wat vir jou s om jou naaste lief te h soos jouself? Terwyl ek so oor mense se gunsteling teks wonder, het ek bietjie daaroor ge-google en die uitslag is dat dit troosverse is wat mense die meeste opsoek. Daai vers wat s dat alles ten goede sal meewerk, dat jy tot alles in staat is deur Christus se krag, dat jy nie bang hoef te wees nie, dat jy nie bekommerd hoef te wees nie, dat die Here jou sal uithelp, dat God vir jou voorspoed beplan en n toekoms vol hoop wil gee. Dis ook goed en mooi so, want dit lyk my die mensdom wt waar hulle hulp vandaan kom in moeilike, onderstebo en deurmekaar tye. Ons wt as dit lyk of niks volgens plan verloop nie, het God steeds n plan. Ons wt as dit lyk of ons gaan vergaan, steek God sy hand uit en help ons. So, want is j gunsteling vers? Memoriseer dit. Plak dit op jou yskas. Maak vir jou n screen saver daarmee. Graveer dit op n armband. Wat ook al ... onthou dit en glo dit. ~ Wilna Botha, 12/06/2017

In my gewonder oor mense se gunsteling Bybelverse, het ek afgekom op n webblad wat volgens hulle statistieke die top 10 Bybelverse gee. Dit is di 10 verse wat mense die meeste opgesoek het op hulle Bybelblad oor n spesifieke tydperk. Ek gaan oor die volgende paar kere ietsie deel oor elkeen van hierdie verse. Nommer 10 was Matt. 28:19.  Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels. Ek was eintlik verbaas dat hierdie teks so gewild is want dit gee n opdrag (en n moeilike een daarby!) en dis mos nou nie altyd so lekker om n opdrag te kry nie, n! Maar tog wys dit dat die vers vir ons as Christene belangrik is. Die Here wil nie h dat wat ons ontvang het net by ons moet bly nie. Ons moet vissers van mense word. Ons moenie stilbly nie. Ons moenie stilsit nie. Ons moet tydig en ontydig die woord verkondig. Ons moet gereed wees om te getuig oor die hoop wat in ons lewe. Ons moet elke dag daai skoene van bereidheid om die evangelie te verkondig aantrek. Ons moet met ons woorde en dade mense na Jesus toe trek, hulle bekendstel aan sy genade en liefde en vergifnis. Ons moet met geduld na alle mense uitreik. Gelukkig is ons nie op ons eie met hierdie taak nie, want in vers 20 s Jesus: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wreld. Almal moet hoor! So, is Matt. 28:19 onder jou top 10 verse? ~ Wilna Botha, 19/06/2017

Ek is nie verras dat Fil. 4:6 nommer 9 op die lys van die 10 gunsteling Bybelverse is wat mense die meeste opsoek nie. Waarheen anders as na die Here toe kan ons hardloop met ons probleme en bekommernisse? Mense gaan stort hulle harte by ander mense, of sielkundiges of beraders uit en dis ook goed so, want hulle kan ons help met hulle raad en omgee. Ander probeer hulle bekommernisse verdrink in allerlei verslawings of probeer dit begrawe onder werk en ander aktiwiteite. Maar as jy jou hart by die Here uitstort weet jy vir seker Hy verstaan, weet jy Hy huil saam, weet jy Hy sit sy arms om jou en weet jy dat ongekende, onverklaarbare vrede jou hart en gedagtes gaan kom oorneem. Bid, smeek en onthou om dankie te s! Moenie oor dinge sit en tob of jou bekommer nie. Gaan praat met God daaroor. Bespreek dit met Hom. Vertel Hom hoe jy daaroor voel. S dan vir Hom dankie dat jy met Hom daaroor kan praat en dat Hy die beste weet. Jy sal dan verlig en tevrede voel. Jy sal hierdie verligte gevoel nie altyd kan verklaar of wetenskaplik kan uitl nie. Omdat jy egter weet dat jy aan Jesus behoort, sal jy nie meer omgekrap voel nie. (Fil. 4:6, Die Boodskap) ~ Wilna Botha, 21/06/2017

Nommer 8 op die lys van teksverse wat mense die meeste opsoek is Rom 12:2. Ek dink miskien word di vers so baie gelees omdat mense wonder oor God se wil vir hulle lewens. Vir baie mense is God se wil n misterie, iets wat net vir n uitgesoekte groepie beskore om uit te vind. Nee, die Bybel s wanneer ons toelaat dat God ons denke vernuwe, sal ons o oopgaan om God se wil te kan onderskei. Ons hoef dit nie slf te doen, of hard te werk daarvoor nie. God gee dit vir ons wanneer ons oorgegee aan Hom lewe en die Gees toelaat om ons te lei.  Dan gaan dt wat ons in die woord lees vir ons sin maak. Dan gaan ons weet wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. Dan gaan sy wet nie meer op kliptafels geskryf wees nie, maar op die tafel van ons hart. Dan gaan ons wl wat Hy wil. Dan gaan ons dink soos Hy dink. Dan gaan wat vir Hom belangrik is, ook vir ons belangrik wees. God se wil is nie n verborge geheim nie, vriend. Dis reeds duidelik vir ons geopenbaar in die skrif. Dis nie buite ons bereik nie, dis ... baie naby aan jou, jy kan daaroor praat, jy ken dit, jy kan daarvolgens lewe. (Deut. 30:14) Laat Hy julle manier van dink verander ... ~ Wilna Botha, 26/06/2017

Die 6de en 7de plek op die lys van mees opgesoekte verse in die Bybel behoort aan Spreuke 3:5 en 6. Hoe wys is dit nie om te wt dat jy nie op jou eie insigte, jou eie besluite, jou eie pad kan staatmaak nie. Jou eie pad kan op die oomblik dalk rooskleurig lyk, maar hoe gemaak as jy uitvind jy het verdwaal? Jou eie pad kan dalk nou mooi geplavei wees, maar hoe gemaak as dit eindig by n hengse afgrond? Jou eie pad kan dalk nou maklik wees om te stap, maar hoe gemaak as daar struikelblokke wag om die volgende draai? Jou pad kan dalk oop voor jou l, maar hoe gemaak as daar 'n T-aansluiting of n Cul-de-sac voor jou opduik? Vertrou liewers die Here en laat H jou koers bepaal. Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is en Hy ondersteun hom. As so iemand val, bly hy nie l nie, want die Here help hom op (Ps. 37:23) As jy nie meer weet watter kant toe nie, raak stil en vertrou die sagte stem van die Here aan jou binnekant. Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou n stem hoor s: Hier is die pad, loop hierlangs. (Jes. 30:21) As jy verdwaal of afgedwaal het van die Here se koers vir jou lewe, onthou: jy kan, soos die verlore seun, enige tyd terugdraai in die arms van die Here in. As jy ronddwaal en vasval in die modderpoele van die lewe, roep na die Here en Hy sal jou kom soek ... As ek sou ronddwaal soos n skaap wat weggeraak het, soek my dan .... (Ps. 119:176) ~ Wilna Botha, 29/06/2017

Ek is steeds besig om di 10 Bybelverse te oordink wat mense die meeste opsoek, na aanleiding van die statistieke van Bible Gateway-webblad. Nommer 5 op die lysie is Gen. 1:1. Dr waar alles begin het, dr waar aangekondig word dat God die Skepper van alles is. Gen. 1:1 laat my opnuut besef die Here was nog altyd daar, sal altyd daar wees en is ook vandag in my lewe besig om te skep en te herskep. Wanneer alles woes en leeg is, maak die Here n nuwe begin en herskep Hy liggaam en gees. Net soos die Here Sy lewensasem in Adam ingeblaas het, het Hy dit vir ons elkeen gedoen. As dit voel of jou lewensasem weg is en jou krag op is, laat die Here toe om nuwe lewe in jou te blaas. Toe my dogter baie klein was, het sy eendag ges dat sy weet hoekom die Here vir Adam en Eva gemaak het. Dis omdat Hy eensaam was en iemand wou h om mee te praat! Nou ja, uit die mond van die suigeling... Besef tog hoe spesiaal jy vir die Here is. Besef tog dat Hy jou gemaak het. Besef tog dat Hy n vader, n vriend en vennoot in jou lewe wil wees.  God het na alles gekyk wat Hy geskep het en ges: dit is baie goed. ~ Wilna Botha, 04/07/2017

Mens sou verwag dat Fil. 4:13 n gunsteling teks vir baie mense sal wees. Daarom was ek bly om te sien dat hy nr. 4 op die lys is van di tekste wat die meeste gelees word. Dit wys dat daar baie mense is wat wt dat hulle afhanklik is van die Here, wat wt dat hulle swak is, dat hulle rens n doring in die vlees het, dat hulle eie krag nie genoeg is om deur die moeilikhede van elke dag te kom nie. Hulle stem saam dat hulle met die Here aan hulle kant oor n muur kan spring, dat niks hulle van Sy liefde kan skei nie, dat hulle meer as oorwinnaars is. Hulle het al ervaar dat al is hulle n kleipot wat maklik breek, God se krag wat alles oortref binne-in hulle is en juis tot volle werking kom wanneer hulle swak is. Hulle weet al gaan hulle deur donker dieptes, sal die Herder hulle dra na groen weivelde en waters van rus en vrede. Hulle weet as dit voel of hulle voete gly dat die Here se krag hulle regop sal hou, dat Hy hulle uit die stof sal oplig en vir hulle arendsvlerke sal gee. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee! ~ Wilna Botha, 06/07/2017

Nommer 2  en 3 op die lys van gunsteling teksverse loop hand aan hand, die een onderstreep en bevestig die ander, die een uit die Ou Testament, die ander uit die Nuwe Testament. Rom 8:28 en Jer. 29:11 s albei vir my dat God alles wat in ons lewe gebeur gebruik om Sy doel te bereik. Niks is buite Sy beheer en Sy groter, Goddelike, ewige plan nie. Miskien weet jy ook dat n kronkelende, moeilike, opdraande pad di een is wat jou uiteindelik by die mooiste uitsig bring. Miskien het jy al gesien dat die afdraande pad wat deur die donker klowe lei, waar dinge bietjie buite beheer voel en jy nie die rem getrap kry nie, di een is wat jou uiteindelik by die rivierstroom bring, die groen weivelde waar rus is. S is dit in die lewe. S is dit ook in die Geestelik lewe. Die pad sal kronkel. Die pad sal steil wees. Die pad sal soms donker en alleen wees. Maar jy sal nie alleen op daai pad wees nie. God het die uiteinde bepaal. Daar is hoop en daar is n toekoms. ~ Wilna Botha, 11/07/2017

Volgens die Biblegateway webblad se statistieke is die teks wat die meeste daar opgesoek word Joh. 3:16. Ek sou nogal dink mense kon dalk eerder die mooi Ps. 23 met sy bemoedigende woorde opsoek of 1 Kor. 13 wat oor die liefde gaan, maar nee, hulle soek juis di vers op waarop ons hele Christelike geloof gebou is. Dis die vers met die heel beste nuus. Dis di vers wat jou tot stilstand ruk as jy besef hoe groot God se liefde is. Dis di vers wat jou herinner dat Sy genade vir die hele wreld bedoel is elke volk en stam en taal. Dis di vers wat bevestig dat Jesus die enigste weg en waarheid is, die deur na die ewige lewe. Dis di vers wat bevestig dat ons uit die kloue van satan en die greep van die dood geruk is deur ons Verlosser, Jesus Christus. Dis di vers wat jou verseker dat Jesus vir jou sonde en oortredinge betaal het, sodat jy nie hoef nie. Dis di vers wat vir ons hoop gee hoop op n ewige toekoms saam met God. Glo jy di vers? God het die wreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat di wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal h. ~ Wilna Botha, 17/07/2017

Klik hier vir nog meer heuningdruppels >


Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur en webruimte (www.heuning.co.za)