|
|
|
www.heuning.co.za is .... ... 'n rusplekkie, 'n kuierplekkie, weg van die sorge van die lewe, weg van
die gejaag en gewoel en gewerskaf, weg van al die gestoei om te oorleef. uit hierdie heuningkoek ... So
met die verloop van tyd het ons deur ons betrokkenheid in verskillende
bedieninge baie heuningdruppels versamel. Ons wil dit alles hier in een
heuningkoek uitgiet. Ons gebed is dat dit ook vir JOU iets sal beteken in
jou stap met die Here, in jou stilword by Jesus se voete ....
"Mag elke woord wat uit my mond kom wees soos heuning En mag gedagtes uit my hart wees soos die môredou Elk’ onuitgesproke woord en elke saak wat ek bedink, Mag dit aangenaam en sinvol wees voor u aangesig o Heer Want U's my God, U’s my Redder, U’s my vrede. U’s die rots waarop ek bou en waar ek skuiling vind U is my kompas, U Woord gee rigting wanneer ek verlore raak. Daarom is dit my gebed dat wat ek dink of wat ek praat Welbehaaglik voor U aangesig sal wees." (uit Flam Gemeentesang, Ioannis Dekas) Ps
81:17 "Maar vir julle sal Hy ... versadig met heuning uit 'n
rots"
|