Soek inligting oor 'n spesifieke onderwerp? Tik dit in die stafie: 
Live Search

 

9 Mei 2012
Eben-Haeser

... waar is jou klip-monumente? Jou Eben-Haesers? Het jy al by sulke plekke van intense dankbaarheid in jou lewe gekom waar jy gesê het: tot nou toe het die Here ons gehelp. As jy terugkyk, sien jy sulke monumente op jou lewenspad? Of is daar net klaagstasies? ... lees meer >>

2 Mei 2012
As Christenskap maklik was

Is Christenskap vir jou altyd maklik, of stoei jy ook so bietjie soos ek ... lees meer >>

My Search - deur Matthew Klein
It took me many years before I found my true father. I had this longing but did not have the answer. I believe God revealed something to me that is worth sharing with others.  This something is how one can get to know the Father. Know Father in a real way, not as a vague somebody living up there somewhere ... laai die dokument af in pdf formaat >>

25 April 2012
Identiteitskrisis

Vandag is my vraag aan jou: kan jy saamleef met daardie persoon in jou ID-boekie? Hou jy van hom? Is jy lief vir hom? Hoe sal jy die een in die boekie verander, as jy kon? ... lees meer >>

In the footsteps of Jesus
As followers of Jesus, we have to follow in His footsteps, we have to do what He is doing, say what He is saying, give what He is giving; we must have the same attitude that Jesus had . He has set the example for us in all areas of life and we should ask ourselves every moment "what would Jesus do?", and act accordingly ... lees meer >>

18 April
Bankrotskap

Volgens die HAT is die definisie van bankrotskap die volgende: Iemand wat nie sy geldelike verpligtinge kan nakom nie, insolvent, platsak. Maar ook: Onmagtig, sonder betekenis .... lees meer >>

11 April
Die Here se skuld
?

Nou wil ek hier sommer ‘n wilde stelling maak: soms loop dinge nie soos ons wil nie, en dan kry die Here die skuld daarvoor. Ons wil staatmaak op ons “menseregte” voor God en blameer Hom as dinge nie na wense uitwerk nie ... lees meer >>

5 April
'n Nuwe era

Ons vier nou paastyd, die kruisiging van Jesus, die einde van ‘n era. Die begin van ‘n nuwe era, een met nuwe reëls, nuwe waarhede, nuwe uitkoms, nuwe hoop, nuwe verhoudinge, ‘n nuwe uitkyk op die lewe, en ook nuwe voorwaardes ... lees meer >>

Slang op die paal
Moses het die slang in die woestyn hoog op ’n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê ... lees meer >>

4 April
Vroue: 'n huldeblyk

Het jy al die spreekwoord gehoor: “agter elke suksesvolle man is daar ‘n vrou”? Natuurlik het jy, en dit is ook die waarheid ... lees meer >>

26 Maart
Jesus, die deur na die lewe

‘n Deur se funksie is altyd om toegang te beperk, om skeiding te bring tussen twee areas. Jy sal nooit langs die pad ry en ‘n deurkosyn met ‘n toe deur in die veld sien nie; dit sal geen doel hê nie, en sinneloos wees. ‘n Deur maak toegang moontlik, en dit word beperk en bepaal deur die persoon wat die sleutel hou ... lees meer >>

14 Maart
Die opbrengs van Christenskap

Wat verwag jy van die Here in ruil vir jou Christenskap? Wat is die opbrengs wat jy wil sien vir die belegging wat jy maak in jou navolging van Christus? Dink so bietjie saam met my hieroor ... lees meer >>

7 Maart
Wat maak jy met jou strepie?

Wat maak jy met jou strepie? Dit is nou daardie strepie tussen die twee datums op jou grafsteen. Wat staan alles geskryf in daardie enkele ou strepie ... lees meer >>

29 Februarie
Entropie

Dit werk so: jy verf vandag jou huis, en more spring Brakkanjan teen die muur en dit lyk weer sleg. Laat val 'n gesorteerde pak kaarte en tel dit op, dan is dit deurmekaar. Sleep die tuinslang en hy sal vashaak en knak. Die verlengtou wat so mooi opgerol was, sal 'n knoop inhê as jy hom probeer afrol. Los 'n  motor lank genoeg in die woestyn, en daar sal uiteindelik niks van hom oor wees nie. Hy sal verval tot sy basiese elemente ... lees meer >>

27 Februarie
Wag op die Here se beloftes

Ons leef in 'n kitslewe: kitskos, kitskoffie, kits-stiltetyd, kits-gesprekke, kits-kommunikasie. Alles en almal moet beweeg as ons 'n sekere behoefte het. Verkeer moet beweeg. Alles moet NOU gebeur. Ons het verleer om te wag … ons kan net nie meer wag nie ... lees meer >>

15 Februarie
Leer jou kinders selfstandigheid

Wat is die beste geskenk wat jy vir jou kind kan gee? Ja, natuurlik om hom van die Here te leer, en Hom as Saligmaker aan te neem. Maar verder om selfstandig en verantwoordelik te wees ... lees meer >>

8 Februarie
'n Nuwe liggaam

Iewers sal ons moet begin afskeid neem van die aardse liggaam en as’t ware losmaak van hom, want ons gaan hom nie meer nodig hê nie. Ons gaan ‘n opstandingsliggaam kry, ‘n nuwe een, wat van ander goeters aanmekaar gesit sal wees ... lees meer >>

1 Februarie
Storms van die lewe

Ons praat vanoggend oor die storms van die lewe, daardie tye wat kom wat niks lekker is nie, wanneer dit voel of jy nie in beheer is nie, wanneer jy voel jy kom net nie bo uit nie. Dalk is jy vandag in so 'n storm. OF, dalk sien jy hom met 'n spoed aankom, en jy voel totaal magteloos ... lees meer >>

Retha en Jannie de Villiers se wenke vir gesinne
(na aanleiding van hulle gesprek Sondagaand 29 Januarie op Rippel) .... lees meer >>

25 Januarie
Lewe

LEWE is iets enorm! Dis ‘n voorreg, ‘n wonderwerk, so ‘n groot gedagte wat ek nie in woorde kan beskryf nie. Ek vra jou, hoe voel jy oor hierdie wonderwerk? Is jy dankbaar? Dink jy ooit daaraan? Is jou lewe nog vir jou iets werd? Of wil jy joune nie meer hê nie? Is jy moeg vir joune? Begeer jy dalk iemand anders s’n? Voel jy joune is te swaar? Voel jy soms om net ‘n briefie agter te laat?... lees meer >>

18 Januarie
Van melk na vastekos

Daar is baie mense wat na bekering net nie uit die geestelike doeke kom en gespeen raak van die melkbottel nie. ‘n Baba is ‘n oulike dingetjie, maar hy kan nie vir altyd ‘n baba bly nie. Hoe sal dit lyk as ‘n groot man, met harde baard melk uit ‘n bottel drink en in ‘n stootwaentjie lê? ... lees meer >>

11 Januarie
'n Een sin preek

Ek is seker jy het al baie preke, boodskappe, oordenkings, dagstukke en Geestelike gedagtes gehoor, van baie mense. In jou kerk, op die radio, TV, straathoeke, orals. Preke is volop. Ek glo jy onthou baie daarvan, al is dit net frases daarvan. Sommige was lank, ander was blitsig, party was eenvoudig en ander was so kompleks dat jy geen idee gehad het waaroor dit gaan nie ... lees meer >>

14 Desember
Die grootste gebeurtenis

Ek het so bietjie gedink oor groot gebeurtenisse in die wêreld; groot goed wat die wêreld verander het, wat die mensdom se lewens onherroeplik verander het, dinge wat in die mense se geheue ingebrand is, wat altyd weer oorvertel word, dinge wat saakmaak ... lees meer >>

7 Desember
Ek kyk op na die berge

Dit is einde van die jaar – hoe voel jy? As ek vir jou sou vra: “is jy moeg”?, is ek amper doodseker jy sal ja sê. Ek praat nie van bergklim-moeg, of marathon-moeg nie, ek praat van “op”. Is jy “op”? Jy weet nie meer waarheen nie? ... lees meer >>

30 November
Oorwin die Rotresies

Is jy ook vasgevang in dié ding wat die rotresies genoem word, hierdie gejaag na nêrens? ... lees meer >>

23 November
Pyn

Dink net, as ek sou vra of jy dalk daarvan sou hou as alle vorme van pyn skielik net wegraak, wat sou jy sê? Niks seer as jy jou toon stamp, of jou vinger sny. Geen hoofpyn, tandpyn, niks pyn nie ... lees meer >>

16 November
Jou toring van Babel

Hoe lyk ons torings van Babel vandag? Daardie deel van ons lewens, en ja ook ons Godsdiensbeoefening, waar ons ons torings ‘n bietjie hoog bou ... lees meer >>

9 November
Wees bly in die Here

Dit is nou maar eenmaal so dat ons baie eerder na die donker wolk, as die silwer randjie kyk. Glas is eerder half leeg as half vol. Pessimisme heers oor optimisme. Bekommernis heers oor genoeglikheid. Ons sien eerder hoe sleg dit gaan as hoe goed dit gaan ... lees meer >>

2 November
Liefdeloos

Wat is die teenoorgestelde van liefde? As ek hierdie vraag vir 1000 mense sou vra, sou 99% waarskynlik gesê het dis haat. Haat sou sekerlik kwalifiseer, maar ek wil vandag 'n ander woord in hierdie konteks gebruik wat baie, baie erger is ... lees meer >>

26 Oktober
Twee Fondamente

Wat is die belangrikste deel van die konstruksie van 'n huis? As ek vir jou sou vra aan watter deel jy die meeste aandag sou gee, sou jy dit sekerlik kon uitspeel tussen die mure, dak, vloere, afwerking, sekuriteit, of dalk iets heeltemal anders. Alles sou sekerlik belangrik wees, maar ek dink jy sou met my saamstem dat die fondasie by verre die belangrikste is ... lees meer >>

19 Oktober
Ek probeer verstaan

As jy my vandag vra om Hom te verduidelik, Sy weë uit te pluis, Hom op ‘n manier in ‘n boks te plaas sodat Hy en wat Hy doen kan sinmaak, dan kan ek nie. Want ek verstaan Hom nie. Ek verstaan tonne dinge wat Hy doen en toelaat net eenvoudig glad nie ... lees meer >>

12 Oktober
Op soek na betekenis

Is dit nie so dat die mens maar altyd op soek bly na die betekenis van alles nie? Hoekom, hoekom.. hoekom dit, hoekom dat … hoekom kry ek swaar, hoekom het ek my vrou of my kind verloor, of my werk verloor .. hoekom gaan dit so moeilik in my huwelik? Waar is die Here? Waar is die beloftes van die Bybel? Hoeveel kan ek nog verduur? Hoekom maak Christene my so seer? Moet daar nie meer in die lewe wees nie? Wat is die sin van hierdie gesukkel ... lees meer >>

25 September
Gedagtes oor die Nuwe Testament as Getuienis - deur adv Matthew Klein
(kopiereg)
Ek het dit vir die afgelope 30 jaar dit my “stokperdjie” gemaak om bewyse oor die Nuwe Testament na te vors en te versamel.  Ek het besluit om dit uit ‘n regsoog te doen aangesien ek in die regte spesialiseer en werk ...  laai dokument af in pdf formaat >>

Rippel Kamp vir Gestremdes (7)10-11 September
Kliek hier om na die kampfoto's te kyk >>

Rippel Mannekamp
19-21 Augustus

Lees meer en kyk foto's >>

Sluit aan by ons Facebook-groep >>

NOG MEER TEMAS... >>

Ps 81:17 "Maar vir julle sal Hy ... versadig met heuning uit 'n rots"
Ps 19:12 "Die bepalings van die Here is reg ... soeter as heuning, as druppels uit 'n heuningkoek"
Deut 32:13 "Die Here het ... hom heuning uit klipskeure laat geniet"

 

Mag elke woord wat uit my mond kom wees soos heuning
En mag gedagtes uit my hart wees soos die môredou
Elk’ onuitgesproke woord en elke saak wat ek bedink,
Mag dit aangenaam en sinvol wees voor u aangesig o Heer
 
Want U's my God, U’s my Redder, U’s my vrede.
U’s die rots waarop ek bou en waar ek skuiling vind
U is my kompas, u Woord gee rigting wanneer ek verlore raak.
Daarom is dit my gebed dat wat ek dink of wat ek praat
Welbehaaglik voor U aangesig sal wees.
(uit Flam Gemeentesang, Ioannis Dekas) 

Aantal besoekers