Terug na HOOFBLAD

IETS OOR ONS

"Ons" is Willem en Wilna Botha, getroud in 1981, en die ouers van 'n seun en 'n dogter. Ons is wedergebore Christene wat die Here Jesus liefhet en dien.

Ons bedryf voltyds ons eie "silkscreen printing"-besigheid en is betrokke in bedieninge waar ons deur die Here geroep is, om ons verskillende gawes tot Sy eer en tot die uitbreiding van die Koninkryk te gebruik. Dit doen ons in nederigheid en in totale afhanklikheid van Hom en deur die werking van die Heilige Gees.

WILLEM

Ek is sedert November 2004 betrokke by Rippel 90.5 waar ek elke Woensdag om 05h30 'n oordenking lei op die program "'n Nuwe dag". Al hierdie gesprekke kan gevind word onder die skakel "NUWE DAG GESPREKKE". Ek is ook verder betrokke by die organiseer en aanbied van mannekampe, en van die lesings wat ek al voorberei het vir die manne is onder die skakel "MANNEKAMP LESINGS".

Sedert 2008 is ek bevoorreg om Mannekampe aan te bied saam met Radio Rippel. Lees meer hieroor, en kyk na foto's en getuienisse van hierdie kampe onder die skakel "RIPPEL MANNEKAMP GETUIENISSE EN FOTO'S"

Vanaf Oktober 2009 bied ons onder Rippel se vaandel kampe aan vir mense met gestremdhede. Lees meer hieroor en kyk na die foto's onder die skakel "RIPPEL KAMP VIR GESTREMDES"

WILNA

Ek was van Junie 2002 tot November 2011 betrokke by 'n bediening in die Pretoria Vrouegevangenis waar ek weekliks die EEIII-program / bybelstudie aangebied het. Ek en Willem was saam betrokke by die aanbieding van 'n kerkdiens op Sondae vir die vroue, waar ons die lofprysing gelei het en saam met 'n span beurte gemaak het om 'n boodskap te gee.

Onder die skakel "BYBELSTUDIES" is tematiese stukkies wat ek geskryf het as studies vir die vroue in die gevangenis.


 

08/01/2012

28/08/2011

Ma se 77 ste verjaardag - 4 Oktober 2010

Willem & broer Cory

Vakansie September 2010

Gautrein - rit


KONTAK ONS >>